+27 (0) 446904148 peter@murextravel.co.za

Family Suite

Family Suite is ‘n self-sorg eenheid met 2 slaapkamers en dubble slaapbank in die leefarea.  Hierdie eenheid het ‘n groot oopplan kombuis en ruim leefarea.  Daar is ‘n privaat ingang en stoep met braai fasiliteite en ‘n asemrowende see uitsig.


C-Woonstel

C-Woonstel is in Hartenbos en sentraal gelee met die Hartenbos Seefront loopafstand weg. Hierdie eenheid het ‘n vol toegeruste kombuis. Die eenheid is op die selfde perseel as die eienaar se huis, maar baie privaat en eie braai area.


Pikkewyn

Pikkewyn is ‘n vol toegeruste huis omtrent 3min se stap vanaf die strand. Hierdie eenheid is in Dwarswegstrand gelee naby Groot Brak. Hier kan jy die regte vakansie gevoel kry en lekker ontspan, met die see se gedruis in die agtergrond en ‘n dierevriendelike erf kan mens nie vir meer vra nie.

Prices start at: R850 per night


Hutchinson

Hudchison is ‘n vol toegeruste 3 slaapkamer eenheid, wat sentraal en naby gelee is aan al die aktiwiteite in die hartjie van Hartenbos. Die kombuis is vol toegerus met ‘n wasmasjien en tuimeldroer. Daar is onder dak parkeering.

Prices start at: R795 per night


Loggenberg 1

Loggenberg 1 is ‘n pragtige vol toegeruste selfsorg eenheid, met eie privaat braai area en ingang.  Alhoewel die eienaar op die perseel bly, het huurders hul eie ingang en skadu parkering.  Hierdie eenheid is sentraal gelee en alle besienswaardighede en aktiwiteite is maklik bereikbaar.

Prices start at: R700 per night


Lategang 1

Lategan 1 is ‘n baie moderne netjiese eenheid.  Met ‘n vol toegeruste kombuis, 2 slaapkamer en oopplan leefarea.  Daar is ‘n gerieflike dek met groot buite tafel.  Hierdie eenheid is loopafstand vanaf die Hartenbos Waterfront en straat markte.

Prices start at: R850 per night


Lategang 2

Hartenbos Huis 2 is ‘n moderne vol toegeruste aleen staande 2 slaapkamer, oopplan kombuis met leef area. Hierdie eenheid is ideaal gelee en loopafstand van die gewilde Hartenbos Waterfront en straat markte.

Prices start at: R850 per night


Essenhout

Essenhout is ‘n oop plan een slaapkamer woonstel in Hartenbos. Dié volledige gemeubileerde woonstel is in ‘n baie veilige area, het slaapplek vir 3 en beskik oor 1 slaapkamer en slaap bank. Die hoofslaapkamer het ‘n dubble bed.Die oopplan-kombuis is tenvolle toegerus. Daar is ‘n TV, DStv, braaigeriewe en veilige parkeerplek.


C-Skulp 4 bedroom unit

C-Skulp is ‘n gerieflike groot 4 slaapkamer eenheid wat loop afstand is vanaf die Hartenbos Seefrond en winkels. Hierdie eenheid is sentraal gelee en perfek vir die vakansie gevoel, gelee in die hartjie van Hartenbos.

Prices start at: R2,000 per night


Nautica

Nautica is ‘n 2 slaapkamer eenheid in ‘n luukse veiligheid kompleks. Hierdie eenheid het ‘n ongelooflike mooi uitsig op die see by De-Bakke met ‘n Jacuzzi op die balkon. Hierdie eenheid het ‘n ten volle toegeruste kombuis en veilige parkering.

Prices start at: R1,800 per night